Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering ’n heilige ontsag. Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom. (vers 8)

In die denke van die Godsvolk het daar oor die eeue ’n groot verskuiwing gekom. Aanvanklik het hulle geglo dat God te midde van vele ander gode die grootste is (vgl. 1 Kron 16:25, Ps 96:4 en 135:5). Ander gode het ook in die hemel gekom en in ’n hemelse vergadering sitting gehad, amper soos die oudstes in die stadspoort sitting en stemreg gehad het. Satan was deel van dié vergadering (Job 1:6) en het ’n vrye sê gehad.
Ps 89 dink ook nog so oor die hemelse vergadering.
In die Nuwe Testament het dié verstaan verander. Die gode, magte en kragte is steeds aktief, maar hulle is nie meer in die hemel nie (Efes 6:11-12). In die troonsaal van die hemel is daar geen teken van hierdie opponerende magte nie. God is absoluut soewerein. Kyk gerus na Op 4 en 5.
Die geheim lê in Christus se koms. Hy het Satan oorwin, en sodoende is Satan en sy trawante uit die hemel verban (Luk 10:18).
Ons kan vandag saam met die digter, maar met groter insig, die grootheid van God besing. Halleluja!

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.