Toe antwoord Hy hulle: “Kyk, net soos julle die stad ingaan, sal ’n man wat ’n kruik water dra, julle ontmoet. Gaan saam met hom tot in die huis waar hy ingaan …” (vers 10)

Wanneer ’n mens die hoofstuk met aandag lees, kan jy beswaarlik ongeroerd bly. ’n Mens moet eintlik net hierdie gebeure bedink en herbedink, totdat jy in die gees by Jesus in sy laaste ure is.
Die laaste pasga saam met sy dissipels was vir Jesus baie belangrik. En Hy het geweet dat Judas agteraf met die Joodse Raad konkel om ’n goeie tyd en plek te kry om Hom oor te lewer. Daarom dat Hy so ’n om-die-draai aanwysing vir Petrus en Johannes gee oor waar hulle die pasgamaal moes voorberei. Judas moes nie weet waar dit is nie, want dan het die soldate Hom by die pasga gevang.
Jesus het presies geweet wat aan die gang is en wat op Hom wag. Daarom sien ons Hom later die aand, beangs en smekend voor sy Vader (vers 44). Die worsteling in Getsemane was die keerpunt. Menslik gesproke kon Hy nog kop uittrek, maar Hy doen dit nie, wel wetende wat op Hom wag.
Sy liefde vir jou en my laat Hom deurdruk.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.