Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag nie. (vers 5)

Dié psalm sê nie dat ons ’n lang en veilige aardse bestaan sal hê nie, of dat die pandemie ons niks kan maak solank ons onder die beskerming van Psalm 91 leef nie. Dit wil wel sê dat jy tot rus kan kom te midde van al die gevare, omdat God by jou is; dat jy by Hom kan skuil wanneer die lewe rof raak; dat jy nie bang hoef te wees vir bedreigings soos pessiekte en epidemies nie (vers 6).
God is immers daar. Hy red waar jy nie kan nie. Daarom hoef jy nie te dink jy is op jou eie nie. Nee, God belowe (vers 15): “Hy sal my aanroep, en Ek sal hom antwoord. Ek sal by hom sal wees in nood.”
Jou vertroue op God tel jou op, sodat jy elke aardse vrees en elke menslike twyfel kan agterlaat. Dit stel jou in staat om jou te onderwerp aan God se wil vir jou lewe, selfs wanneer Hy besluit om anders met jou te handel as wat jy verwag het.
So bid gerus Psalm 91 en kom tot rus. Jy is veilig in God se hand.

image_pdfimage_print

Views: 15

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.