Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam. (vers 12)

Die opdrag om bly te wees, klink soos ’n refrein op deur die hele Bybel. Met die instelling van die huttefees (Lev 16:13-17) beveel die Here dit uitdruklik. Dit kom dikwels in die psalms voor (o.a. Ps 5:12, 58:11, 105:3 e.a.). Dit is ’n tema in Lukas se Kersverhaal (Luk 2:10) en kom ook in die briewe as opdrag voor, o.a. Fil 4:4, 1 Tes 5:16, Jak 1:2).
Die oproep in Ps 97 sluit hierby aan. Nie net die regverdiges nie, maar die ganse skepping (vers 1) word hiertoe opgeroep. Ons blydskap spruit uit die Here se goedheid en sorg vir ons. Hy is Koning van die ganse skepping (vers 2) en ook ’n regverdige Regter (vers 6-9). Ons blydskap moet meer wees as blote opgewondenheid. Dit moet inhou dat ons haat wat sleg is (vers 10).
Die psalm gee vir ons perspektief. Geweldenaars dink hulle het die hef in die hand en kan maak en breek soos hulle wil. Hulle is verkeerd. God alleen regeer. Vir sy kinders het daar lig gekom (vers 11).
Ons ken dié Lig natuurlik beter as die digter. Jesus is die lig (Joh 1:4-5 en 8:12). Daarom: Wees bly!

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.