Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang. (vers 5)

Judas is ’n verskriklike waarskuwing aan ons elkeen. Judas het immers tot Jesus se dissipelkring behoort, hy was een van sy vertrouelinge. En tog het hy verlore gegaan, omdat hy nie aan die Here Jesus vasgehou het nie, omdat hy sy eie pad wou loop en die Here nie regtig gevolg het nie. Hy wou eerder dat die Here maak soos hý wou hê.
Hierin lê ’n waarskuwing vir ons elkeen. Die feit dat jy gedoop is, die feit dat jy lidmaat van die kerk is, dié feit alleen is nog nie genoeg nie – jy moet die Here volg. Jy is nie jou eie baas nie. Jesus is Koning van jou lewe.
Judas was spyt oor sy sonde (vers 3), maar hy draai nie met sy skuld na die Here nie. Sy sonde dryf hom tot selfmoord. Dis wat sonde aan ’n mens doen.
Judas moes met sy skuld na Christus gevlug het. Dis wat Petrus gedoen het (Joh 21:15ev). Kom ons doen dit opnuut vandag. Sy bloed reinig ook vir jóú van elke sonde (1 Joh 1:9).

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.