Paulus en sy reisgenote het met ’n skip van Pafos af vertrek en by Perge in Pamfilië aangekom. Daar het Johannes hulle verlaat en na Jerusalem toe teruggegaan. (Hand 13:13)

Die Johannes van wie hier gepraat word, is Johannes Markus, Barnabas se neef (12:25). Dis in sy ma se huis waar die dissipels gereeld bymekaar gekom het, en Jesus ook die laaste nagmaal ingestel het (Hand 12:12). Hy is vermoedelik die ryk jongman wat Jesus wou volg, maar nie kans gesien het om van sy besittings afstand te doen nie (Mark 10:17-23).
Dalk was die ontberings en swaarkry van die sendingreis een te veel vir hom as rykmanskind. Dalk was hy emosioneel nog nie gereed om hom volledig te gee vir Jesus se saak nie. Ons weet nie. Al wat Lukas ons meedeel, is dat hy halfpad omgedraai het; iets wat Paulus baie moeilik kon verwerk. Daarom wou hy hom nie op die tweede sendingreis saamneem nie (Hand 15:37-39).
Markus het dus ’n geskiedenis gehad van kop uittrek. Nie goeie materiaal as werktuig van Christus nie, sou ’n mens dink. Maar voor jy dit besluit, lees 1 Pet 5:13 en Kol 4:10. En skep dan moed vir wat God met jou ook kan regkry.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.