Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” (vers 3)

Die eerste keer wat ons lees van God wat met die mens besig is, is toe Hy vir Eva uit Adam se ribbebeen maak en hulle twee in die huwelik bevestig (Gen 2). En die heel eerste wonderwerk wat Jesus doen as Hy met sy openbare bediening begin, is óók by ’n huwelikseremonie, hier by die bruilof te Kana. Ek dink God wil daarmee vir ons sê Hy is betrokke by die huwelik. Dis vir Hom belangrik dat die huwelik as instelling die regte plek in ons harte sal hê. Hy waak jaloers oor die huwelik.
En dit is ook nodig, want dit wat met die stomme bruidegom op hierdie huwelik in Kana gebeur het, is nie ongewoon nie. Teenspoed kan op die mees onverwagse tye in ’n mens se huwelik opduik.
Daar is net een verweer teen die aanslae wat die huwelik sal bedreig: sorg dat die Here Jesus deel is van jou huwelik, want Hy kan ’n krisis in ’n fees omskep. Hy het op daardie huwelik in Kana die krisis met die wyn verander in ’n ongelooflike oorvloed.
Dis die Here op wie ons vertrou!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.