Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.” (vers 7)
Dié man se antwoord ontstel my elke keer. “Ek het niemand …” Groter as sy behoefte om gesond te word (want dit was wat Jesus hom gevra het) was om iemand te hê. Iemand wat genoeg vir hom omgee om hom te help in sy nood.
Daar is so baie mense in die wêreld wat hulp nodig het dat ’n mens later kan dink: Waar moet ek begin? Mý klein bietjie gaan tog nie ’n verskil kan maak nie. En dan raak ons só moedeloos dat ons niemand help nie.
Jesus wys vir ons dat dit nie nodig is om almal te help nie; ons kan ook nie. Trouens, Jesus self het ook nie almal wat siek was, gehelp nie. Daar was baie gestremdes by die bad (vers 3), maar Jesus help net die een. Die bietjie wat ons kan doen, maak inderdaad ’n verskil.
Dit laat my dink aan Jesus se woorde in Matt 25:31-46, waar Hy ons liefde vir Hom meet aan die wyse waarop ons ander gehelp het (veral Matt 25:40 en 45).
Views: 11