Wie ’n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie. (vers 47)

Hoekom behandel Jesus die mense wat aan sy kant was, so stief? Was Hy dan nie bly dat daar minstens ’n klomp mense was wat nie saam met die godsdienstige leiers sy dood beplan het nie?
Vir Jesus was dit nie genoeg dat hulle graag geluister het na hoe Hy preek nie. Hy sê vir hulle as Hy na hulle lewens kyk, lyk dit nie of God hulle Vader is nie, want Hy sien niks van God in hulle nie. Hy sien nie liefde by hulle nie, maar haat. Hy sien nie gehoorsaamheid nie, maar opstandigheid. Hy sien nie sagtheid en deernis en omgee nie, maar veroordeling en meerderwaardigheid. Daarom sy verdoemende oordeel: “Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader…” (vs 44).
Ek wonder wat Jesus vir ons sou sê. Lyk ons soos God? Doen ons soos God? Wat sal mense van ons hemelse Vader sê as hulle uit ons lewens moet aflei wie Hy is? Sal hulle sê ons het ’n Vader wat omgee? ’n Vader wat deernis het met die swakkes en die gebrokenes?

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.