Toe Jesus haar sien huil, en dat ook die Jode huil wat saam met haar gekom het, het dit Hom hewig ontstel, en Hy het diep bewoë geword. (vers 33, 2020-vertaling)

Het jy al gewonder hoe God oor die dood voel?
Hier kry ons so ’n klein kykie in God se hart, as Jesus by die graf van ’n vriend van Hom staan en saam met hulle huil (33, 35, 38). Vir God is die dood van ’n dierbare nie maar net een van daardie dinge wat ook weer sal verbygaan nie. Want ons smart gryp Hom aan die hart.
Verder, as Johannes hier skryf dat Jesus gehuil het, gebruik hy ’n baie sterk uitdrukking wat nie in ons Afrikaanse Vertaling so duidelik uitkom nie. Die 2020-vertaling vertaal: “diep bewoë” en “hewig ontsteld”. Ons sou ook kon vertaal: Hy het kwaad geword, of: Hy het in opstand gekom.
Jesus is woedend, want die dood breek God se skepping stukkend. Hy is in opstand, want dít is nie hoe God die wêreld gemaak het nie.
Jesus kom in opstand teen die heerskappy van die dood, só in opstand dat Hy die dood oorwin, dat Hy self opstaan uit die dood, en ons met Hom saam!

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.