Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. (vers 6)

Wat ’n hoopvolle psalm! Deur swaarkry en nood verseker hierdie psalm ons: God is ’n God wat hoor (vers 3). Daarom roep Dawid ons almal op om tot sy eer te sing en sy heilige Naam te loof (vers 5).

Hier in die inperkingstyd moet ons hierdie psalm wéér en wéér lees, sodat ons dit nie sal vergeet nie. Vandag is daar nog trane, maar môre, oormôre sal ons weer lag en terugkyk op hierdie tyd en weet: God het ons hierdeur gedra.

Iets wat my bybly, is Dawid se vraag in vers 10: “Watter voordeel is daar in my ondergang … Kan stof U loof?” Die vraag waarvoor die psalm ons plaas, is die volgende: Is mý lof, mý lewe voor die Here en met ander, so besonders dat dit ’n verskil sal maak aan die Koninkryk as ek nie meer hier is nie? Dat God sal omgee as ek wegval? Is my lewe tot voordeel vir God? Is joune?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.