Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” (vers 15)

Ek dink ons moet dit goed raaksien: die dissipels het nie vanself verander van die verwarde, patetiese groepie mense na die vurige volgelinge wat onverskrokke vir Jesus opgestaan en geleef het nie. Goed, die Heilige Gees is op Pinksterdag uitgestort om hulle met krag van Bo te vul. Maar voor dit gebeur het, het Jesus tyd in hulle belê.
Dalk moet ons dit weer ’n keer hoor: Jy gaan nie ’n vurige volgeling van Jesus word as jy nie tyd maak dat Hy met jou besig kan wees nie; as jy nie toelaat dat Hy jou verander soos Hy daardie dissipels van Hom verander het nie. Jy gaan nie opgewasse wees vir jou roeping in die wêreld as jy nie toegerus en versterk word deur die Here en sy Gees nie.
Jesus het dit geweet. Daarom het Hy tyd gemaak om by sy dissipels te wees, sodat iets van sy heerlikheid op hulle kon afgee; sodat hulle verbintenis aan Hom versterk kon word; sodat hulle die mense kon word wat hulle moes wees.

Naskrif: Môre begin ons met die boek 1 Samuel

image_pdfimage_print

Views: 41

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.