Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. (vers 9)

Die reaksie van die mense wat Saul geken het (vers 11) bevestig dat Saul nie juis ’n geestelike mens was nie (sien by gister se dagstukkie). Maar dit het hom nie gediskwalifiseer vir die groot rol waarvoor God hom gekies het nie. Toe die Gees oor hom kom, het hy ’n ander mens geword.
Paulus praat ook daarvan in Fil 2:13 (2020-vertaling): “Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God.” Dit het Augustinus laat bid: “Here, gee wat U vra, en vra dan net wat U wil.”
Ek dink ons staan te maklik terug wanneer die Here op ons nommer druk, soos Moses destyds toe God hom geroep het om die volk uit Egipte te lei (Eks 3:11 en 4:10,13). Ons kan maklik redes (verskonings?) uitdink oor hoekom ons nié die geskikte kandidaat is nie.
Uiteindelik is dit niks anders nie as ongeloof en ’n mosie van wantroue in dié God wat deur sy Gees mense kan verander. Hy kan jou ook verander. Glo dit! Leef dit, en jy sal verwonderd staan oor God se werk in en deur jou.

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.