Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. (Hand 20:32)

In vers 17 e.v. groet Paulus die kerkraad van Efese, die gemeente waar hy die langste (altesaam 3 jaar, vers 31) gearbei het. Hy weet dat hy hulle nie weer sal sien nie (vers 25). Hyself gaan vervolging tegemoet, sê hy (vers 23), en vir die gemeente in Efese wag daar ook groot uitdagings met dwaalleraars wat hulle gaan verlei en van koers sal probeer kry (vers 29-30).
Dié omstandighede kon Paulus maklik pessimisties gemaak het oor die toekoms van die gemeente, want hy sal nie daar wees om hulle te midde van die storms te lei nie. Hy groet hulle egter met vertroue, want hy laat hulle nie aan hulle eie lot oor nie. Hy vertrou hulle aan God toe, en aan die woord van sy genade (vers 32). Aan die gemeente in Rome skryf hy in dieselfde trant (Rom 8:31): “As God vir ons is, wie kan dan teen ons wees?” Dit eggo die woorde van Dawid in Ps 18:29-30.

Naskrif: Die skole sluit vandag vir die September-vakansie. Ek gaan ook vir die vakansietyd ’n bietjie af vat. Geseënde rustyd vir almal wat so gelukkig is om vakansie te kry!

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.