As jy maar die bevel van die Here jou God wat Hy jou gegee het, nagekom het! (vers 13)

’n Mens voel so half jammer vir Saul. Hy was in ’n lelike penarie. Samuel kom nie uit soos hulle afgespreek het nie (maar kyk na vers 10!). Hy kon nie sit en toekyk hoe sy hele leër dros, en niks daaraan doen nie. Toe bring hy self die offer (vers 9).
Saul se groot oortreding was nie dat hy self die offer gebring het nie. Dit was destyds so dat die koning ook soms offers gebring het. Sy oortreding was dat hy as gesalfde van die Here hom nie onder die gesag van die Here se priester (en dus die Here self) gestel het nie. Hy moes ’n voorbeeld vir sy mense gestel het en die Here vertrou het vir uitkoms. Ongelukkig het hy meer aan sy manskappe se vermoëns gedink as aan die Here se almag, soos sy seun Jonatan later (1 Sam 14:6) bely het. Daarom was hy ongeskik vir sy rol as koning (vers 14).
Spr 3:5-6 sê tereg: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.