Die eerste inwoners wat hulle daarna op hulle eie grond in hulle stede gevestig het, was naas die gewone Israeliete die priesters, die Leviete en die tempelslawe. (1 Kron 9:2)

Die Kronis sluit sy lyste van geslagsregisters af deur te konsentreer op die families wat ná die ballingskap na Jerusalem teruggekeer het. Sy doel met die geslagsregisters word hierdeur duidelik: hy wil hê sy lesers (dws die ná-eksiliese Joodse gemeenskap) moet weet dat hulle wortels in die ou Israelitiese geslagte lê. Hulle is steeds die volk van God, al het hulle voorvaders troubreuk teenoor God gepleeg (9:1b).
Interessant vir my is die groot klomp priesters en Leviete, en veral die groot verskeidenheid van take wat die Leviete moes behartig, van poortwagte (9:17ev); versorgers van die offergereedskap (9:28); versorgers van die meel ens. wat by die offers gebruik is (9:29b); salfmengers ((9:30); bakkers (9:31-32); en, les bes, tempelsangers (9:33) wat voltyds vir die musiek moes sorg.
Vergelyk dít met die voltydse personeel van ons moderne kerke – predikant(e), ’n orrelis of musiekleier, die koster, die terreinbestuurder en -werkers, die saakgelastigde, die kassier. Die vergelyking is maar power. Daar is natuurlik nie geld vir meer poste nie, maar dit is die gevolg van dankofferbydraes wat dikwels veel te wense oorlaat.

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.