… elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. (1 Kor 3:13)

Daar was ’n tyd toe ek gedink het, solank ek in Jesus as my Verlosser glo, is die saak reg. En dit ís natuurlik so. Ons sal nie eendag by die hemelpoorte moet staan en verduidelik hoekom ons ingelaat moet word nie; Christus se offer het die oordeel weggevat (Rom 8:1).
Dit is egter nie die hele verhaal nie. Paulus herinner ons daaraan dat ons werke getoets sal word wanneer Christus weer kom. Dit máák saak of jy in gehoorsaamheid aan Christus elke dag as navolger leef deur dade van barmhartigheid en etiese keuses, deur iemand van integriteit te wees, heilig met jou eggenoot te leef, ens. Dit maak egter óók saak as jy nié getrou is in die uitleef van jou geloof nie; as jy mense benadeel, as jy leuens vertel, selfsugtig is …
Ek sien in my geestesoog hoe my werke deur vuur getoets word, en hoe daar dinge is wat ek gedoen het, wat sal wegbrand. Ek wil tog nie soos een wees wat uit die vuur geruk is nie (vers 15)!

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.