Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende. (vers 6,13,19,28)

Weer en weer vertel hierdie psalm hoe God ’n hoorder van gebed is en mense uit hulle nood red. Daarom begin die psalm met ’n oproep om die Here te loof, want sy liefde duur vir ewig (vers 1).
Dit is vandag nog net so waar as in die tyd toe die lied gemaak is. Die digter skep vier scenario’s om te vertel dat God in enige denkbare en ondenkbare omstandighede kan ingryp en uitred: honger en dors (vers 5), gevangenis (vers 10), siek (vers 18), op die stormsee. Jy kan dus met vrymoedigheid jou eie nood ook in dié psalm inskryf en weet, ook uit jou eie, unieke situasie kan God uitkoms bring want Hy is God en nie beperk tot wat óns as moontlik en doenbaar beskou nie. Selfs al is jy die outeur van jou eie ellende (vers 11,17) kan jy met hoop jou oë op God rig. Hy hoor jou roep. Hy is immers die God van nuwe kanse.
Daarom, loof die Here vandag vir sy troue liefde en vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen (vers 8,15,21,31).

image_pdfimage_print

Views: 27

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.