Meteens staan daar ’n engel van die Here en skyn daar ’n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: “Staan gou op.” Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval. (vers 7)

Niks kan God se planne stuit nie. Niks!

Herodes laat vir Petrus opsluit. Hy sal die kerk uitroei, het hy besluit, en hy begin by die leiers.

Hy het hom egter lelik met God misgis. Ek dink Lukas het eintlik lekker gekry toe hy skryf hoe maklik die Here vir Petrus uit die maksimum-sekuriteitsgevangenis laat ontsnap. Die boeie het van sy hande afgeval, en die wagte kom niks agter nie, al skyn daar ‘n lig in die sel! Sonder enige probleme kom hy by die twee binnehekke, elk met sy eie wag, verby, en toe hy by die buitenste ysterhek kom, gaan dit vanself oop! Om die waarheid te sê, alles het so moeiteloos en sonder probleme verloop, dat Petrus aanvanklik gedink het dit is ‘n droom.

Geen situasie is so hopeloos dat God nie iets daaraan kan doen nie. Hy is in beheer, al lyk dit soms vir ons of die paaie doodgeloop het.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.