Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! (vers 1,29)

Die digter roep drie groepe mense op om saam die Here te loof: Israel (vers 2), die huis van Aäron, die priesters (vers 3), en dié wat die Here dien, oftewel nie-Jode wat tot geloof gekom het (vers 4). God se lof kan nooit beperk word tot slegs ons eie geloofsgenote nie. Dit moet almal insluit wat aan die Here behoort, of hulle nou amptelik deel van die gemeente is of nie.
Die rede vir die magtige loflied lê by wie God is. God is die Een wat by ons is en ons help (vers 6-7); Hy verlos (vers 14); en Hy is God, ons God (vers 27,28).
In Jesus Christus, Immanuel, het God waarlik tot by ons gekom (Matt 28:20). Jesus het ons verlos (1 Tim 1:15). Daarom kan ons steeds hierdie psalm jubelend bid en sing, want die Here Jesus het die belangrikste hoeksteen van ons geloof geword (vers 22, vgl Hand 4:10-11).
Ek het behoefte om nou stil te word en die Here se liefde aan my persoonlik te bedink, en Hom dan saam met gelowiges van alle eeue en oorde te loof. Dalk wil jy ook?

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.