Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. (Ps 17:7)

Dit gaan nie noodwendig voor die wind met gelowiges nie, al wil die voorspoedsteoloë ons dit laat glo. Daar is ook tye van swaarkry. Ons lewe in ’n wêreld waar jy letterlik nie jou lewe seker is nie. Ons lees nie net daarvan in die koerant nie; elkeen van ons het op persoonlike vlak al met die Bose en met booswigte te doene gekry. Dit beteken nie dat God afwesig is, of nie omgee nie. Hy wil ons immers beskerm soos ’n hen haar kuikens (vgl Jesus se woorde in Matt 23:37).
Ons lewe nou eenmaal in ’n gebroke wêreld waar die gevolge van die sonde ons almal raak. Dit het God óók geraak. Sy eie Seun is vermoor omdat God omgee vir sy kinders, vir jóú. Jesus het as ’t ware voor jou ingespring om die booswigte se koeëls met sy eie liggaam te keer. Sy troue liefde omvou jou ook (vers 7).
Wie is hierdie booswigte waarvan die psalmis praat? Dit kan die inbreker in jou huis wees, of die gladdebek-swendelaar, of selfs jou vriend; enige iemand. Onthou vir Judas Iskariot!
Skuil daarom, soos die psalmis, daagliks by God.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.