Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. (vers 9)

Ps 145 is ’n akrostiese psalm, dit wil sê die eerste letter van al die reëls spel saam die alfabet. Die digter doen dit omdat hy God se lof op ’n omvattende manier wil besing. Dit is die A tot Z van God se goedheid wat besing word. En almal behoort elke dag oor alles aan dié lofprysing deel te neem.
Deel hiervan is dat ouers hulle kinders moet voorgaan in hierdie loflied (vers 4). Want geloof is net ’n enkele geslag diep. As jy nie jou kinders voorgaan in ’n lewe van lof tot God nie, sterf die geloof by jou. Vertel daarom vir jou kinders en kleinkinders van God en die wonderlike dinge wat Hy doen en gedoen het, sodat hulle saam met jou in verwondering voor Hom kan leef.
Wat die digter ook onderstreep, is dat dit nie net enkele witbroodjies van die Here is wat Hom kan loof nie (vers 9). Trouens, God het nie witbroodjies nie (of dan: ons is almal sy witbroodjies). Hy laat sy son opkom oor slegtes én goeies (Matt 5:45) en is naby almal wat Hom aanroep (vers 18).

image_pdfimage_print

Views: 19

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.