Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. (vers 11)
Paulus bid dat God die gelowiges in Tessalonika waardig sal maak vir die lewe waartoe Hy hulle geroep het. As God ons roep, is ons nog nie ons roeping waardig nie. Dis juis die wonder: dat God kans sien om met onwaardige mense ’n nuwe begin te maak. God vat ons net soos ons is. En daarvoor moet ons Hom elke dag dank, anders was nie een van ons ’n kind van God nie. Maar dit moet ons goed verstaan: ons kan nie bly soos ons is as ons sy kinders is nie; ons moet waardig gemaak word, verander word. Dis wonderlik om deur God geroep te word om sy kind te wees, maar dis nie die einde van die geloofspad nie, dis maar net die begin. En daarom moet jy dit baie goed weet: God sal met jou besig bly en jou vorm totdat jy waardig is om aan Hom te behoort. Totdat Hy trots kan wees om jou sy kind te noem.
Heiligmaking is ’n proses waarmee ons nooit klaar sal kom nie.
Views: 7