Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. (vers 9)

Paulus lê in hierdie brief baie klem daarop dat gelowiges ’n boodskap vir die wêreld het – in plaas van soos die wêreld lyk, moet gelowiges se lewe getuig van die goedheid van God en sy verlossing (vers 3-4 en 8). Maar, waarsku hy in vers 9, die kerk se getuienis kom in gedrang as lidmate hulle inlaat in dwase en sinnelose strydvrae (vers 9).
Daar is talle voorbeelde van hierdie soort geskille vandag. Die twis oor die Algemene Sinode van die NG Kerk is werklik nie ’n heilsame saak nie. Ongelowiges lag vir die kerk, en talle lidmate voel om te huil oor die onverkwiklike situasie.
Ek het ook al in die strik getrap om op sosiale media met mense te redeneer oor geloofskwessies. Ek kan terugskouend sê dat sulke gesprekke niemand oortuig om van standpunt te verander nie. Intussen gee jy skietgoed vir die alomteenwoordige ongelowige spotters.
Dis belangrik dat ons onwrikbaar vashou aan die belydenis dat Jesus die gekruisigde en opgestane Here is. Maar stry oor ander sake? Ag nee wat.

_Naskrif:_ Môre begin ons met 2 Samuel.

image_pdfimage_print

Views: 22

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.