Dawid was koning oor die hele Israel en hy het sy hele volk met reg en billikheid geregeer. (vers 15)

Hoofstuk 8 dien as stawing van die Here se belofte in 2 Sam 7:11 dat Hy vir Dawid rus sal gee van sy vyande en vir hom ’n koningshuis sal vestig. Daarom begin die hoofstuk met die woord “Hierna”. Van meet af aan was daar ’n baie groot verskil in die regeringstyl van Dawid en sy voorganger Saul. Saul het nooit werklik mag gehad nie en ’n relatief klein administrasie. Maar die uitbreiding van Dawid se ryk oor die buurvolke het ’n stewige administrasie geverg. Dawid was ’n koning om mee rekening te hou.
Dit was natuurlik nie sy krygsvernuf en politieke vermoëns wat dit moontlik gemaak het nie. Die skrywer is gou om ons te herinner dat die Here aan Dawid die oorwinning gegee het (vers 14). Daar is mense wat daarom sê God het in die Ou Testament baie bloed laat vloei. Ons moet dit in die konteks van destyds lees, waar ’n menselewe min werd was. Lees jy egter 1 Kron 22:8, hoor jy God se hart oor die saak. Hy weier dat Dawid ’n tempel vir Hom bou omdat hy bloed in strome laat vloei het.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.