Toe Dawid dit verneem, het hy Joab met die hele leër gestuur, almal dapper manne. (vers 7)

Dié oorlog is heel waarskynlik ’n ander weergawe van wat in 2 Sam 8:3-8 staan.
Die afjak wat Ganun vir Dawid se gesante gegee het, kon nie maar net geïgnoreer word nie. Dawid móés reageer, soos Ganun ook geweet het hy sou (vers 6). Dawid stuur eers sy persoonlike lyfwag om met die Ammoniete af te reken (vers 7), en toe die Aramese state daarna saamspan, roep hy die burgermag ook op (vers 17) en lei self die aanval en verslaan die Aramese bondgenootskap oorweldigend.
Dikwels is ’n mens genoodsaak om te reageer wanneer jy uitgedaag of beledig word, soos Dawid hier. Sy koningskap en Israel se onafhanklikheid is immers bedreig. Ander kere is dit egter beter om nie te reageer nie en die ander wang te draai, soos Jesus ons geleer het (Matt 5:39). Of jy moet dit uitpraat. Die vraag is of dit vir jou belangrik genoeg is dat jy op ’n belediging moet reageer. Dikwels is dit die beste om eenvoudig die belediging te ignoreer. Dit is wat Jesus gedoen het (1 Pet 2:23). En ons wil tog soos Hy wees, nie waar nie?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.