Agitofel se raad was: “Gaan slaap by u vader se byvrouens wat hy hier laat bly het om die paleis op te pas. Dan sal die hele Israel besef dat u teen u vader in opstand gekom het en dit sal al u volgelinge se hande sterk.” (vers 21)

Dawid se ellende hou nie op nie. Hy het nooit die familie van Saul te na gekom nie, en tog vloek Simeï hom. Dawid laat egter nie toe dat Abisai Simeï se kop afkap nie (vers 9-10). Ons sien hierin iets van Dawid se grootheid. Hy hou nie op om goed te doen aan ander nie, selfs al benadeel hulle hom. Hy het geglo hy kry sy verdiende loon. Hierin was hy verkeerd. Hy het nie hierdie beledigings verdien nie. Die staatsgreep het sy selfbeeld en -oordeel ’n lelike knou gegee.
Agitofel was ’n baie wyse raadgewer (vers 23). Maar dit lyk of sy raad nie net gegaan het oor Absalom se saak nie. Daar is venyn in sy woorde, asof hy Dawid so seer moontlik wou maak. Waarskynlik was dit omdat hy Batseba se oupa was, en hy Dawid nooit vergewe het vir die leed wat Dawid sy kleindogter aangedoen het nie.
Sonde tref baie verder as wat ons besef.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.