Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, Hy het die woord in vervulling laat gaan wat Hy lank gelede al afgekondig het. (vers 17)

Die digter teken met verbystering ’n prentjie van die totale vernietiging wat die stad getref het. En dis of hy nie kan glo dat dit God is wat dit gedoen het nie. Hy, wat altyd die Bron van hulle vreugde was, is nou die Bron van smart. Hy het hulle vyand geword en matelose ellende gebring (vers 5). Hy het selfs die tempel vernietig sodat die aanbidding daar onmoontlik geword het en moes staak (vers 6). Hy het verwoes en geen genade betoon nie (vers 17).
Geen wonder nie dat die digter se moed gebreek is, want die ellende van die mense wat oorgebly het, is onvergelyklik hartverskeurend (vers 13).
Dit dompel die digter in ’n geloofskrisis. Die genadige God is weg. Dit lyk of Hy oorboord gegaan het met sy straf. Dit skok die digter dat die Here wat hy sy lewe lank geken het, só kan wees. God se oordele behoort die vyande te tref, nie vir hulle nie!
Soms is ek en jy ook verslae oor wat God doen. Maak dan soos die digter en worstel met God daaroor.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.