Geen Ammoniet of Moabiet mag lid van die gemeente word nie. Niemand uit hulle nageslag mag ooit lid van die gemeente word nie, selfs nie eers een van die tiende geslag nie. (vers 3)
Die vyandskap tussen Israel en die Ammoniete en Moabiete spruit uit die tyd toe dié volke geweier het om aan Israel deurgang te gee op pad Kanaän toe, en ook die optrede van die Moabitiese koning Balak, wat wou hê dat Bileam Israel moet vervloek (vers 4, vgl Num 22-23).
’n Interessante uitsondering op die vredesverbod met dié volke is Rut, die skoondogter van Naomi. Hoewel sy ’n Moabiet was, het sy deel geword van Israel toe sy eers met Maglon, en later met Boas getrou het (dié verhaal is in die boek Rut vir ons bewaar). So het sy die oumagrootjie van koning Dawid geword (en dus ook ’n voorsaat van die Here Jesus, vgl Rut 4:22).
Die boek Rut is elke jaar tydens die Huttefees gelees. Die verbod op vrede met Moab was dus nie absoluut nie. God is immers soewerein oor alle nasies, selfs oor hulle wat die mees veragte vyande van sy volk was.
God is ’n God van nuwe kanse (Ps 103:9). Daar is hoop vir ons elkeen!
Views: 3