Jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die Here jou God aan jou en jou huis gegee het – jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou is. (vers 11)

Ek was in my bediening telkens verbaas oor hoeveel misverstand en selfs wrewel daar by lidmate bestaan oor die gee van dankoffers. Vrae soos: “Wat wil die kerk met al die geld maak?” en: “Hoekom praat julle so baie oor geld?” is meermale geopper. En natuurlik die grappie dat die “NG” in “NG Kerk” staan vir “en gee en gee en gee.”
As ’n mens deur die Bybel blaai, val dit op hoeveel keer daar oor gawes en offers en tiendes gepraat word. Deut 26 is deel daarvan. Wat my óók opval, is dat die gee van offers en tiendes met vreugde en vrolikheid gepaard gaan (vers 11). Paulus skryf ook in dié trant oor die saak in 2 Kor 8:2 (oorvloedige blydskap), 2 Kor 9:5 (’n werklike offer van dankbaarheid, en nie iets wat afgepers is nie) en 2 Kor 9:7 (God het die blymoedige gewer lief).
Hoekom gee party mense dan so knyp-knyp hulle offers? Is hulle nie dankbaar vir al God se goeie gawes aan hulle nie? Of is dit bloot uit onkunde?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.