Ek het hom terug laat weet: “Niks van wat jy sê, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim.” (vers 8)

Hulle sê die duiwel het nie ’n lui haar op sy kop nie, en ons sien dit in hierdie hoofstuk. Hy haal alles uit om die bouprojek te laat sneuwel. Eers wil hulle Nehemia uit die stad uit weglok, kwansuis om te praat, terwyl Nehemia besef dis ’n lokval (vers 2). Toe dit nie werk nie, probeer hulle hom bangmaak met ’n gerug wat glo die ronde doen dat hy beplan om homself tot koning uit te roep (vers 6-7). Nehemia laat hom egter nie bangpraat nie (vers 8). As jy ’n skoon gewete het, hou skinderstories op die lang duur nie stand nie.
Die derde poging was om ’n vals profeet te gebruik om Nehemia sover te kry om in die tempel te gaan skuil teen ’n gewaande sluipmoordaanval (vers 10). As Nehemia dit gedoen het, sou hy skuldig wees, want die tempel was verbode vir gewone mense.
Interessant dat Nehemia nie beskuldigings terugslinger nie; nie na Sanballat nie, en ook nie na Semaja nie. Soms moet jy eenvoudig nie die aas vat nie. Laat die saak eerder in die Here se hand (vers 14).

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.