Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (vers 8)
Die gelykenis van die weduwee en die regter is eintlik ’n on-gelykenis, want God is júís nie soos die hardvogtige regter nie. Daarom, sê Jesus, moet ons nie dink ons moet God verpes met ons gebede en net lank genoeg aanhou, dan sal Hy ingee en ons antwoord nie. Néé! Dit gaan nie in gebed om te kyk wie die langste kan uithou nie.
God sal help as ons Hom aanroep, en gou ook, verseker Jesus ons. Daarom kan ons met vertroue na Hom gaan en ons hart voor Hom uitstort. Hy hoor. “Vra, en vir julle sal gegee word,” sê Jesus mos op ’n ander plek (Luk 11:9). Hou maar gerus aan met vra, al kry jy nie dadelik jou antwoord nie, moedig Hy ons met hierdie gelykenis aan.
Die vraag is nie of God sal antwoord nie. Dit is ’n gegewe. Ons dink die probleem is dat God nie wil antwoord nie. Jesus sê: Die eintlike probleem is dat ons nie meer vra nie. Die Here sál antwoord, die Here wíl antwoord. As ons net aanhou vra …
Views: 16






