Hulle het ’n dure eed afgelê om te leef volgens die wet van God wat deur Moses, die dienaar van God, aan die volk gegee is, en om gehoorsaam te wees aan al die gebooie van die Here, ons Here, en aan sy bepalings en voorskrifte. (vers 29)

Ons tref in die Nuwe Testament ’n heel ander gemeenskap aan as in die Ou Testament. Die onderhouding van die wet en die oorleweringe van die voorvaders is iets wat eers sedert Nehemia se tyd belangrik geword het. Die hervormings onder leiding van Esra en Nehemia het ’n blywende merk op die volkslewe gehad. Nooit weer sou die wet verwaarloos word soos wat dit voor hulle tyd gebeur het nie. ’n Mens sou Esra en Nehemia met reg die vaders van die Judaïsme kon noem.
Wat hier gebeur het, was ’n plegtige verbondsvernuwing, waarin hulle formeel hulleself opnuut daartoe verbind het om aan God en sy gebod gehoorsaam te wees. Uit die gebed (Neh 9) is dit duidelik dat dit nie ’n ligtelike saak was nie. Hulle was selfs bereid om hand op papier te sit (9:38).
Jy het ook op ’n stadium só ’n onderneming gemaak toe jy belydenis van jou geloof afgelê het. Hoe vaar jy met jou belofte aan God?

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.