Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. (vers 13)

’n Magtige loflied klink op vanuit die ganse skepping, en jy moet ook deelneem aan die groot koorbyeenkoms waarin alle bewoners van die hemel en die aarde deelneem. Julle moet saamsing en God prys. Niemand van die koorlede mag afwesig wees nie, selfs nie die seemonsters en die wurms nie.
Jou eie lof is maar net ’n minuskule deeltjie van die magtige loflied van die skepping. Maar: jou aandeel is onontbeerlik. Alle mense is deel hiervan: konings en onderdane, magtiges en nederiges, grysaards en jong meisies. Wat ’n magtige koor! Wat ’n heerlike loflied!
Hoe kan jy jou stem by dié van die engele en die res van die skepping voeg om God te loof? Wat is jou spesifieke bydrae tot dié koor?
Wanneer laas het jy in die natuur stil geword en geluister na die lof van die skepping? Die sang van die voëls, die suising van die wind, die sagte voetval van die besies, die warmte van die son op jou vel …
Wat laat die lied van die skepping in jou gebeur? Hoe raak dit jou visie op God?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.