God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? (vers 4)

Aan die einde van hoofstuk 1 teken Paulus ’n prentjie van die verdorwe mens wat hom nie steur aan God en sy gebod nie. ’n Mens kan dit maklik lees en dink, só is ek darem nie! Nou kom Paulus en wys sy vinger reguit na jou. Daardie prent pas op jou lewe ook, sê hy (vers 1).
Gaan kyk gerus na Rom 1:29-32; jy sal jouself daar herken as jy eerlik is. Ek noem net ’n paar dinge: hebsug, gemeenheid, jaloesie, twis, bedrog, kwaadwilligheid, skinder, kwaad praat, hooghartig, onverstandig, liefdeloos …
Dis hoekom Paulus as ’t ware sy hande in die lug gooi en vra: “Sê dit vir jou niks nie?” Hoeveel keer het God al met jou gepraat, en tog is dieselfde sondes nog in jou lewe.
Soos die Jode van destyds troos ons ons daaraan dat ons die Bybel het en dit ken (vers 17). Maar, waarsku Paulus, dit help nie jy het die Bybel nie. Die Bybel kan jou nie red nie. Eers as jy lewe volgens die Bybel, sal jy vrygespreek word (vers 13).

image_pdfimage_print

Views: 30

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.