Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. (vers 8)

Die wet van God is daar om ons te help verstaan hoe ons moet leef, te midde van verskille en diversiteit. Ongelukkig is daar te veel Christene wat nie met liefde nie, maar met ’n vreemde arrogansie hulle geloofstandpunte in ander se kele wil afdruk.
Ons taak is nie om soldate vir Jesus te wees wat ander moet oorwin nie. Ek lees nie dat die Here Jesus dit ooit gedoen het nie. Om die waarheid te sê, Hy het Petrus ernstig berispe toe dié ’n swaard uitgepluk het (Matt 26:52).
Geweld van watter aard ook al behoort nie deel van ’n gelowige se optrede te wees nie. Jesus sê ons enigste wapen teen die Bose en teen ongeloof is die liefde: as ons liefhet, sal almal weet dat ons sy dissipels is (vgl Joh 13:35). Dis iets van dié woorde wat Paulus in vers 8 eggo.
Ons antwoord op mense wat anders as ons dink en glo, is die liefde. Lééf jou geloof. Wees die boodskap dat God die wêreld en al sy mense oneindig liefhet. Dít is wat ons ander skuld.

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.