God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. (vers 25)

Paulus was self nog nie in Rome nie. Die baie mense wat hy daar ken, moes hy dus elders ontmoet het. Dit wys hoe beweeglik die mense was, en hoe baie mense (vrywillig of andersins) van een deel van die Romeinse Ryk na ’n ander deel verhuis het. Dit vertel ook hoe gelowiges van oral-oor mekaar vasgehou het.
Uit hierdie lang lys groete-boodskappe is die prominente plek wat die Christenvrou in die vroeë gemeentes gehad het opvallend. Meer vroue as mans word uitgesonder vir hulle rol in die vroeë kerk:
Febe (vers 1), Priscilla (vers 3) en Akwilla, Junias (vers 7), wat moontlik ’n apostel was, Narsissus (vers 10), en ook Maria (vers 6), Trifena en Trifosa en Persis (vers 12), wat aangeprys word vir hulle werkywer.
Rufus se ma (vers 13) was waarskynlik Simon van Sirene se vrou, Nereus se suster en Olimpas (vers 15).
Dit lyk of die vroeë kerk (in Paulus se tyd in elk geval) vroue ruim toegelaat het om leiding te neem. Moontlik het daar reaksie daarteen in volgende geslagte gekom. Die kerk se verlies!

Naskrif: Ons begin môre met Psalm 1 – 19. Ek het dit nog nie behandel nie.

image_pdfimage_print

Views: 52

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.