Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe. Help my, want U is getrou. (vers 5)

’n Mens beleef dikwels ’n afsydigheid van God wanneer jy bewus raak van jou eie sondigheid, soos in hierdie psalm gebeur. Die digter noem nie sy sonde by die naam nie, maar impliseer dit tog met die woorde “toorn” en “gramskap” in vers 2. Hy is diep bewus van die vernietigende uitwerking wat sonde op sy verhouding met God het.
Sonde skei ons wel van God, maar dit is nie God wat Hom aan ons onttrek nie; eerder ons wat van God wegvlug in sulke tye. Dit is die verkeerdste ding om te doen. Ons het Hom juis nodig wanneer ons sondeskuld ons platdruk. Gaan dan na God. Hy weet immers alles; Hy ken jou sonde en ook jou berou. Draai na Hom, sodat die stukkende verhouding herstel kan word.
Jy mag in jou nood jou ook op Christus se Middelaarswerk beroep. Hy staan tussen jou en God se toorn, en daar is geen sonde waarvoor Hy nie klaar en volledig betaal het nie. Jy kan dit vir jou toeëien.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.