Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop. (vers 8)

Die psalm is ’n belydenis waarin die digter worstel met homself en met die lewe. Dit lyk of hy aan die einde van sy lewe gekom het (vers 5 en 6), en dié wete dwing hom om na te dink oor die lewe. Die perspektief wat dié nadenke hom gee, laat hom ontnugterd. Hy ontdek dat die lewe baie kort is (vers 6) en dat die mens boonop op die verkeerde dinge fokus. Die mens is materialisties ingestel en sloof hom af vir niks (vers 7).

Uiteindelik neem dié worsteling hom terug na God, en dwing dit hom om met God in gesprek te tree (vers 4). Half ontredderd vra hy die Here of daar nog hoop vir hom is, en bely dan: sy enigste hoop is God self.

Dalk het jy ook al gewonder wat die sin van alles is. As ’n mens ’n oomblik tot stilstand kom, daag die perspektief dat die lewe slegs sin het in ’n verhouding met die Here.

Die huidige inperking het ons tydelik uit die dolle gejaag van die lewe gehaal. Gebruik dié geleentheid om, soos die psalmdigter, oor die sin van die lewe met God na te dink. Hy is immers ons enigste hoop.

image_pdfimage_print

Views: 104

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.