Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. (vers 1, 2020-vertaling)

Ateïsme is nie ’n moderne verskynsel nie. Selfs in Bybelse tye was daar al mense wat gesê het God bestaan nie. Die Bybel noem sulke mense dwase. En, sê hierdie psalm, hulle tree gruwelik en afstootlik op. Nie noodwendig omdat hulle immoreel lewe nie, maar omdat hulle God loën. Dít is immers die afstootlikste van alle dinge: dat jy die Een wat jou geskep het, die Een wat elke dag die wêreld in stand hou sodat jy asem kan haal, kan eet en drink en lewe, dat jy ontken dat Hy bestaan. Dit is die toppunt van hubris, van arrogansie, van beterweterigheid.
Ons ken almal ateïste. Party is neerhalend en sommer net mislik. Baie is egter ordentlike mense. Maar in God se oë bly hulle dwaas, en is hulle uiteinde iets vreesliks. ’n Geween en ’n gekners van die tande, het Jesus dit genoem (Matt 13:42).
Dank die Here dat jy nie ’n ateïs is nie. Hy het immers die geloof in jou gewerk het deur sy Gees. En bid vir mense wat jy ken wat nie glo nie.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.