Jesus was êrens op ’n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (vers 1)
Die Ons Vader is natuurlik nie die enigste gebed wat ons kan bid nie; dit wil net ’n raamwerk wees wat ons self moet inkleur met ons eie besondere gebede. Die Ons Vader noem vir ons die sake op waarvoor ’n mens kan (en moet) bid: God se Naam, sy koninkryk, sy wil, ons behoeftes, ons sonde, die versoekings.
Maar die Here leer nie net sy dissipels _wat_ hulle moet bid nie; Hy leer hulle ook _hoe_ om te bid. Daarom vertel Hy twee kort gelykenisse. Met die gelykenis van die man wat gaan brood leen, sê die Here: moenie skaam wees om na God te gaan met jou behoeftes nie. Hy sál help. Daarom kan jy met verwagting na Hom gaan in die gebed. Met die gelykenis oor die pa en die seuntjie sê Hy weer: God het ons beswil op die hart. Daarom hoef ons nie te wonder of Hy die regte dinge vir ons sal gee nie. Hy weet immers wat vir ons goed is.
Views: 6