Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija … (vers 5-6)

Dit is baie opvallend dat Matteus naas Maria nog 4 ander vroue ook in die geslagsregister van Jesus Christus noem: Tamar (vers 3); Ragab (vers 5); Rut (vers 5) en Batseba (vers 6). Dit is totaal vreemd en ongehoord as ons na die Joodse tradisies van destyds kyk. Slegs mans is in geslagsregisters genoem. Wat verder opval, is dat dit nie die vroue is wat ons in die geslagsregister sou verwag nie. Tamar het haar eie skoonpa verlei (Gen 38); Ragab was ’n prostituut (Jos 2); Rut was ’n gehate Moabiet; en Batseba en Dawid … (2 Sam 11).
Met hulle insluiting in die geslagsregister vertel Matteus dat die vrou nuwe waarde in Jesus se wêreld het. Hy wil ook sê dat nie-Israeliete óók in God se hart plek het (net Batseba was ’n gebore Israeliet). Nie jou herkoms nie, maar jou geloof maak die verskil. Verder: God oordeel anders as ons. Hy kies dikwels die geringes en eenvoudiges (soos Maria). Al vier hierde vroue sal vir ons ’n eie verhaal van smart en seer kan vertel. Die sonde is magtig, maar God is magtiger.
Uit hierdie geslagslyn word Jesus gebore, want Hy is waarlik Immanuel, God met ons!

Geseënde Kersfees!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.