Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. (Hand 9:13)

Ananias se heel eerste reaksie (vers 13) toe die Here hom na Saul gestuur het, was: “Nee, Here, dit kan ek nie doen nie. Dié man spel moeilikheid.” Maar die Here laat Hom nie keer nie, en in die volgende toneel sien ons vir Ananias in die straat afstap. Hy verstaan nie wat aan die gang is nie. Maar hy weet dit sal nie help om te probeer vlug nie. Die Here kan nie mense met verskonings gebruik nie. Hy kan net gehoorsame mense gebruik.
Paulus se bekering kon eers volledig uitgewerk word toe Ananias gehoorsaam geword het, sy eie vooroordele en voorbehoude gelos het en hy na Paulus gegaan het.
Dis deel van navolging, nie waar nie? Want as ek aan Ananias se worsteling met God se opdrag dink, kan ek nie anders nie as om te dink aan Iemand anders wat óók oor God se plan met sy lewe geworstel het, en óók nie halfpad omgedraai het nie. Hy het daarmee ons, vyande van God, in broers en susters verander.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.