Ek sal aan my twee getuies opdrag gee, en hulle sal, met rouklere aan, my boodskap twaalf honderd en sestig dae lank verkondig. (vers 3)

Te midde van die oordele van God het die kerk steeds ’n taak. Dit is wat die twee getuies (Moses en Elia) simboliseer. Dat dit 3½ jaar moet aanhou, dui daarop dat dit ’n beperkte tyd is (die helfte van sewe jaar). Moses en Elia het in hulle leeftyd onverskrokke opgestaan vir die eer van God, en so sal die kerk ook bly getuig.

Die twee olyfbome en twee lampe (vers 4) verwys na Sagaria 4:3. Die kerk (ons) hoef nie in eie krag ons man te staan nie, maar in die krag van die Gees van God (Sag 4:6).

Wanneer die kerk haar boodskap voltooi het, laat God toe dat die Antichris (die dier uit die aarde, Op 13:17) die kerk tydelik oorweldig, net soos Jesus gedood is. Dit duur ook net ’n kort rukkie (3½ dae) voordat God deur sy Gees ’n herlewing bring (vgl Eseg 37). Dit is die voorspel tot die finale triomf, wat met die sewende trompet aangekondig word (vers 15 en verder).

Tot dan moet ons aanhou sonder om moeg te word. God se finale oorwinning is seker!

image_pdfimage_print

Views: 19

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.