Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.” (vers 3)

Die held van hierdie verhaal is vir my ongetwyfeld die dogtertjie. Sy is deur Aramese roofbendes ontvoer en moes as slaaf vir ’n vreemde baas werk. Ons weet nie wat haar naam was nie, of hoe oud sy was nie. In die oë van die wêreld was sy niks. En tog, deur haar toedoen is Naäman op die pad van genesing geplaas.
Dalk het jy al gedink niemand sal tog na jou luister nie, so jy bly liewer stil. Jy is nie belangrik of uitgelese genoeg om iets te sê nie. En dit is waar dat belangrike mense jou kan intimideer en oordonder sodat jy in jou dop kruip. Onthou dan dat jy in God se oë belangrik is. Trouens, die Here Jesus het gesê, eers as jy soos ’n klein kindjie word, sal jy groot wees in die koninkryk van die hemel (Matt 18:4).
Moet daarom nie skaam wees om jou lig te laat skyn nie. Die Israelitiese dogtertjie het dit gedoen, en daardeur vir Naäman op die pad van liggaamlike én geestelike genesing geplaas (vers 15).

image_pdfimage_print

Views: 42

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.