Hulle het na Jehu toe gery en by hom gekom by die stuk grond van Nabot die Jisreëliet. (vers 21)
Elia en Nabot – teen dié tyd is albei al geruime tyd dood – se skaduwees val oor die hele hoofstuk. Elia was die verpersoonliking van die Here se stryd teen die huis van Agab en die Baäldiens wat hy en sy vrou Isebel in Israel ingevoer het, en Nabot was die slagoffer van Agab se gierigheid. Uiteindelik was die moord op Nabot en sy hele familie die laaste strooi wat God se oordeel oor Agab en sy nageslag gebring het (1 Kon 21:19). Die ongelooflike is dat Agab op dié oordeel van die Here hom voor God verootmoedig het, sodat die Here die oordeel tot ná Agab se dood teruggehou het (1 Kon 21:29). ’n Mens kan aanvaar dat dieselfde sou gebeur as sy nageslag (en Isebel) ook tot inkeer gekom het, maar hulle het nie.
God slaap nie. Die een of ander tyd haal sonde ’n mens in, soos hierdie hoofstuk dit uitskreeu. Ons aanbid ’n wonderlike God, maar Hy is ook regverdig en trou aan sy woord. Hy laat nie met Hom spot nie.
By Jehu en sy aandeel om God se oordeel te voltrek, kom ons môre.
Views: 12