Toe stuur Agas ’n boodskap na koning Tiglat-Pileser van Assirië: “Ek is u onderdaan en seun. Ruk op en bevry my uit die mag van die koning van Aram en van die koning van Israel, hulle val my aan.” (vers 7)

So vroom soos koning Jotam was, so goddeloos was Agas. Hy het afgodsdiens aktief bevorder en selfs sy eie seun aan die afgod Milkom geoffer (vers 3). Onder elke groen boom het hy die vrugbaarheidsgode van Kanaän gedien (vers 4).
’n Mens wonder wat hy anders kon doen om die Israel-Aramese bedreiging die hoof te bied. Hom bekeer het tot die lewende God? Hy doen egter nie dit nie, maar roep die hulp in van Tiglat-Pileser van Assirië. Dit het wel gehelp om die bedreiging te beëindig, maar die prys was hoog. Baie geld, en boonop moes hy die gode van Tiglat-Pileser akkommodeer. Die brons-altaar moes plek maak vir ’n Assiriese altaar, en talle van die brons voorwerpe by die tempel het in die slag gebly (vers 17), waarskynlik om die jaarlikse heffing aan Assirië mee te betaal.
Jesus het in Luk 9:25 gesê: “En hoe sal jy daarby baat as jy die hele wêreld wen, maar jou eie siel in die proses verloor?”

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.