As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. (vers 1)

Salomo herinner ons in hierdie kort psalm dat ons niks op ons eie kan doen nie: nie ’n huisgesin suksesvol kan hanteer nie (vers 1a); nie die veiligheid en sekuriteit in die samelewing kan verseker nie (vers 1b), nie ekonomies kan slaag nie (vers 2) en ook nie onderhandelings suksesvol kan deurvoer in die raadsale van die wêreld nie (vers 5). Trouens, selfs jou gesin is ’n geskenk van die Here (vers 3) en nie jou eie prestasie nie.
’n Woord wat dikwels in hierdie verband gebruik word, is “rentmeesterskap”. Ons is rentmeesters op aarde, nie eienaars nie. Alles behoort aan die Here (Ps 24:1). Daarom behoort ons nie te maak en breek soos ons goed dink nie, want ons gesinne, ons werk, ons wêreld, ons alles, is in die eerste en laaste instansie nie ons s’n nie, maar God s’n, en ons moet aan Hom verantwoordelikheid doen oor wat ons daarmee maak.
Dit laat ernstige vrae oor hoe ons besig is om die aarde op te mors; hoe ouers dit oor hulle hart kan kry om hulle kinders te verwaarloos; hoe werknemers knoei en hoe politici vir eie gewin raas en blaas.

image_pdfimage_print

Views: 42

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.