“Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.” Hiskia het bitterlik gehuil. (vers 3)

Mense sê dikwels, as jou strepie getrek is, is dit getrek. So al asof ons lewensverloop in sement gegiet is en daar niks aan te doen is nie. Dan lyk God se beskikking baie na ’n strakke noodlot, onbeweeglik en onveranderlik.
Die verhaal van koning Hiskia vertel egter ’n ander storie. Die profeet Jesaja bring vir hom die tyding dat sy siekte terminaal is en dat hy sy testament in orde moet kry, maar hy wil dit nie aanvaar nie. Hy draai in gebed na die Here en pleit om nog tyd. En nog voor Jesaja baie ver is, stuur die Here hom terug met die boodskap dat God sy gebed verhoor het en Hiskia se lewe met nog vyftien jaar verleng gaan word.
God se beskikking in ons lewens is nie só dat jy maar jou lot moet aanvaar, want wat sal gebeur, sal gebeur nie. God se beskikking is dinamies. Dit kan verander. Ons dien ’n lewende, liefdevolle Vader wat ag slaan op ons diepste begeertes.

image_pdfimage_print

Views: 48

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.