Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het. (vers 14)

Die belangrikste geloofsvraag wat ons moet kan beantwoord, is: Is ek vandag ’n gelowige? Is Hy vandag vir my ’n werklikheid?
Presies hieroor handel dit in hierdie hoofstuk. Dit gaan hier om die belangrikheid daarvan om elke dag as gelowige te lewe. Nie minder nie as 3 keer herhaal hy die woordjie “vandag” (vers 7,13,15).
Hoekom lê hy soveel klem op vandag? Omdat vandag verbygaan, omdat die tyd ’n mens kan inhaal, omdat uitstel afstel kan word, en voor jy jou oë uitvee, is genadetyd verby. Eendag mag daar dalk nie meer ’n vandag oor wees nie.
Dit is nie genoeg om te kan sê: Ja, ek het die Here aangeneem, destyds, op skool, in standerd sewe op die CSV-kamp of wat ook al nie. Of, eens op ’n tyd was ek tog ernstig met die kerk, was ek aktief betrokke by Christelike werksaamhede, was ek nogal entoesiasties oor dissipelskap.
Want wat van vandag? Het ek vanoggend my lewe aan Hom gewy? Dien ek Hom nóú, in die hede, in my lewe? Hou ek end-uit vol? Dís die belangrike vraag.

image_pdfimage_print

Views: 27

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.